Psalms Van 'n Huisvrou

  • 语种:英语
  • 发行时间:2012-08-02
  • 唱片公司:Marthie Hauptfleisch
  • 类型:录音室专辑

简介

Adam soek nou wel ‘n ribbebeen, maar wat soek die ribbebeen? Het sy ‘n sê? Psalms vir ‘n huisvrou is die jongste kabaret uit Marthie Nel Haupfleisch (MH) se pen en klavier – vol liedere en poësie vir ribbebene wat soms kriewelrig raak oor die rol wat hul voor aanbeveel is... Want wat as die ribbebeen terug praat?, ‘n slag in haar neus krap of oopmond kou? Wat as sy ongemaklik is op hoëhakskoene en te hard lag? Hierdie ‘show’ is vir sulke ribbebene: Vroue wat nie noodwendig deugsaam is nie, wat nie elke dag supervrou is nie, wat nie eens meer maagdelik is nie - regte egte vroue: susters, moeders, dogters, bemindes, eggenote - regte egte engele- nie net ribbebene nie, engele wat kaalvoet oor die dougras loop, met hul tekkies inkopies gaan doen en so nou en dan die wulpse hakstewels uithaal vir spesiale geleenthede... m of page. Thomas de Bruin: studied in France for a year at The National Conservatory of Lyon and completed his BMUS performance degree, cum laude, at the University of Pretoria. He has performed as the principal flautist of The Pro Musica Orchestra in Johannesburg, performing in orchestral concerts playing orchestral standards as well as operas. As member of The Johannesburg Festival Orchestra, he was involved in orchestral performances and has played for productions such as FNB’s “Swan Lake” and the Johannesburg performances of William Kentridge’s “Magic Flute” in 2007. Petro Janse van Vuuren: woon en is werksaam in Stb vir die laaste 4 jaar as afrigter van sprekers en fasiliteerders as vennoot van Playing Mantis. Sy is ook ‘n aangrypende storieverteller en motiveringspreker, maar Psalms van ‘n huisvrou is haar eerste terugtrede tot die teater sedert die geboorte van haar twee seuns in 2004 en 2007. Tog is Petro se grootste ‘claim to fame’ dat sy ‘n PhD en haar tweede seun in dieselfde 9 maande gedra en gebaar het met ‘n aktiewe 2 jarige wat om haar dans en ten spyte van net 40% sig. Super vrou of bloot van haar trollie af? Kom kyk en besluit self. Marthie Nel Hauptfleisch (MH):Marthie sing oor dit lekker is en oor musiek agter haar aanloop soos 'n kat se stert. Met "Psalms van 'n Huisvrou" kry vroue se alledaagse, gewone lewe: 'show-status': gaan haal die mop agter die deur uit, trek jou hoë hak skoene aan en huil saam 'n simfonie see toe. Vroumense skrik nie vir die lewe nie, suster! Die idee is dat enige mens voor die vlerkies kan gaan staan en so engel status kan verkry.

[更多]
该歌手的其他专辑
举报反馈播放器